Koers Afrikaans
  • Tuis
  • Tydskrif
    • Inteken
    • Stuur artikel in
  • Vereniging
  • Konferensie 2011
    • Onderhoude
  • Kontak

Oor die Koers-vereniging

Die Koers-vereniging is ’n vereniging van persone wat geïnteresseerd is in die prinsipiële besinning oor kwessies in die wetenskap.  Die grondslag van die vereniging is Christelik en klem word gelê op gesprekvoering met en vanuit ’n verskeidenheid filosofiese posisies.  Nadenke oor lewensbeskouings en filosofiese vooronderstellings word deur die vereniging bevorder, veral deur die publisering van relevante navorsingsartikels in die geakkrediteerde, eweknie-geëvalueerde tydskrif Koers: Bulletin vir Christelike wetenskap, asook deur die aanbieding van nasionale en internasionale konferensies.  Alle Koers-intekenare en Koers-lede word minstens een maal per jaar uitgenooi na ’n ledevergadering, waar die bestuur van die Koers-vereniging verkies word en ’n aantal belangrike sake bespreek word.  

Hoe om betrokke te raak by die Koers-vereniging

Raak betrokke by die Koers-vereniging deur op die tydskrif, Koers: Bulletin vir Christelike wetenskap, in te teken. 

Picture
Picture
Picture
Kopiereg Koers - 2017