KoersKoers is ’n geakkrediteerde interdissiplinêre tydskrif wat navorsingsartikels uit alle vakgebiede publiseer. Vanuit ’n geïntegreerde prinsipiële en lewensbeskouings begronding is die tydskrif hoofsaaklik besinnend van aard. Die subtitel van Koers is “Bulletin vir Christelike Wetenskap”. Koers se grondslag is Christelik, maar ruimte word gelaat vir gemotiveerde meningsverskille en diskussie.
Artikels is dus vakgerig, maar ook toeganklik vir ’n wyer teikengroep of leserspubliek wat nie noodwendig op hoogte is met die spesifieke vakjargon en tendense binne ’n spesifieke vakdissipline nie. Dit behels daarom nie net die aanbieding van feitelike of empiriese navorsing nie, maar is ingebed in ’n wyer (filosofies-) besinnende raamwerk. Nuusflits: nuwe diensverskaffer vir die nuwe model van KoersOns kondig met genoeë aan dat waar Koers: Bulletin vir Christelike Wetenskap in ’n opwindende nuwe elektroniese-formaat verskyn, daar van die volgende uitgawe af 'n nuwe diensversfaffer sal wees. Hulle wat sal verseker dat Koers se reik wyd en omvattend bly, en nog meer toeganklik word.
Die redaksie het gevind dat hierdie formaat tot duver bygedra tot verhoogde sigbaarheid vir Koers, ’n hoër leserstal en ’n groter impak. Elke artikel sal steeds gepubliseer word sodra die spesifieke artikel gereed is vir publikasie. Aan die einde van elke jaar sal alle artikels wat deur die loop van die jaar op hierdie wyse elektronies gepubliseer is, in ’n enkele hardekopie-uitgawe gepubliseer word. Aan Koers-lede en -intekenare sal die opsie gebied word om hierdie (hardekopie-) uitgawe te ontvang en meerdere bestellings van die gedrukte uitgawe sal ook moontlik wees. In die geval van ’n spesiale temanommer of festschrift sal ’n addisionele nommer saamgestel word deur alle bydraes wat hiervoor geoormerk is, tegelyk aanlyn te publiseer, gelyktydig met die “rollende artikels” (met die opsie van ’n hardekopie-uitgawe van die temanommer). Bladgeld word vervang deur artikelgeld, met ’n billike verhoging oor die volgende paar jaar. Daar is dus vele interessante ontwikkelings vir Koers! Ten spyte van al die veranderings bly die belangrikste sake wat sentraal is tot Koers se identiteit, dieselfde: · Ons strewe is steeds om Christelike wetenskap in alle navorsingsvelde te ontwikkel en om prinsipiële begronding in die wetenskap te bevorder. Ons glo dat die nuwe ontwikkelings selfs ’n beter platform skep waar outeurs konstruktief en krities met Christelike beskouings in alle vakgebiede kan omgaan. · Koers is steeds ’n onafhanklike, geakkrediteerde tydskrif met totale redaksionele vryheid binne die grense van ons grondwet en fokus. · Ons redaksie bly onveranderd: akademici wat vanuit ’n Christelike (meestal reformatoriese) perspektief werksaam is in ’n wye aantal studievelde en verteenwoordigend is van verskeie instellings. · Ons volg dieselfde streng keurproses, met dieselfde keurdersdatabasis (wat natuurlik voortdurend uitgebrei word). Die keurproses sal in die vervolg egter op ’n webgebaseerde wyse bestuur word. · Koers verwelkom steeds relevante bydraes in Afrikaans, Engels en Nederlands. · Ons webtuiste is www.koersjournal.org.za. Die webtuiste word gebruik om artikels op te laai, te keur, af te laai en te lees. Goeie nuus is dat ons in die proses is om die volledige Koers-argief (sedert 1933) elektronies te publiseer. Hierdie proses behoort binnekort voltooi te wees en die volledige argief sal dan op die webtuiste beskikbaar wees. Op die hoofwebtuiste van Koers sal daar ook nuus oor gebeurtenisse, konferensies, spesiale temanommers en inligting vanaf die Koersvereniging gepubliseer word; onderhoude en foto’s word ook beplan. · Koers: Bulletin vir Christelike Wetenskap is steeds die eiendom van die Koersvereniging. Ons nooi u graag uit om u kommentaar en ervaring van die nuwe formaat met ons te deel. Stuur gerus ’n e-pos aan redakteur@koers.co.za. Neem asseblief kennis dat alle korrespondensie voortaan gerig moet word aan: Professor Annette Combrink Koers Buro vir Wetenskaplike Tydskrifte Posbus 19124 Noordbrug 2522 In die nuutste uitgawe van Koers...Alle artikels gratis beskikbaar by http://www.koersjournal.org.
Alle artikels is ook elektronies beskikbaar deur Sabinet. Jaargang 81 No. 41 2016
Classroom management for optimal learning in a context of shared instructional leadership Hettie M van der Merwe DIE WÊRELDBEELD VAN DIE GEREFORMEERDE BIOLOOG, JAN LEVER (1922-2010): VAN EVOLUSIETEORIE NA ‘N EVOLUSIONISTIESE GELOOF? B.J. van der Walt Enabling Liminary Prophetic Witness to Xenophobia in South Africa: A Missiological Spirit Response Chammah Judex Kaunda MAATSKAPLIKE WERK GROEPSINTERVENSIE VIR SLAGOFFERS VAN BOELIEGEDRAG: FUNKSIONELE ELEMENTE Andri Nepgen, Mariette van der Merwe Mans se ervaring van eensaamheid na die verlies van ’n lewensmaat: ’n Beskrywing van narratiewe pastorale betrokkenheid Annamarie de Beer A History of the Reformational Movement in Britain. II: The Post-World-War II Years to the end of the Twentieth Century Steve Bishop |
Spesiale Koers konferensie-uitgawe is in 2012 gepubliseer'n Spesiale Koersuitgawe is in 2012 gepubliseer. Hierdie uitgawe se tema is Werklikheidsvisie en Onderwys en bevat artikels waarin van die voordragte van die Koerskonferensie van 2011 verwerk is. Hierdie uitgawe is aanlyn gepubliseer by www.koersjournal.org.za.
|