Koers is 'n geakkrediteerde wetenskaplike tydskrif wat streef na die bevordering van prinsipiële besinning in die wetenskap en vakkundigheid. Dit sluit die nadenke oor filosofiese vooronderstellings in spesifieke vakgebiede in, asook ’n reflektering oor die rol van werklikheidsbeskouing in die wetenskap. Die amptelike liggaam, die Koers-vereniging, bestaan sedert 1926.
Koers: Bulletin vir Christelike wetenskap is die vereniging se interdissiplinêre wetenskaplike tydskrif wat eweknie-geëvalueer word en sedert 1935 kwartaalliks verskyn.
Nuus
'n Nuwe waarnemende redakteur is aangestel vir Koers tydskrif. Ons wens prof Michael Heyns baie sterkte toe in die tyd wat voorlê.