Koers Afrikaans
  • Tuis
  • Tydskrif
    • Inteken
    • Stuur artikel in
  • Vereniging
  • Konferensie 2011
    • Onderhoude
  • Kontak

Internasionale Koers-Konferensie oor “Wêreldbeskouing en onderwys”

30 Mei - 2 Junie 2011
Potchefstroom, Suid-Afrika

Picture

Die jaar 2010 het die 75ste publikasiejaar van Koers: Tydskrif vir Christelike Wetenskap herdenk. As huldiging van die tydskrif se bydrae tot die bevordering van die interdissiplinêre akademiese debat en filosofies-begronde wetenskap, bied die Koersvereniging ’n internasionale konferensie oor “Wêreldbeskouing en onderwys” aan. Hiermee word alle lede van die akademiese gemeenskap, beleidmakers, onderriggewers en ander geïnteresseerdes uitgenooi om hierdie geleentheid by te woon en daaraan deel te neem. Deur akademiese dialoog te bevorder en toonaangewende navorsers in die veld byeen te bring, hoop ons om ’n positiewe invloed uit te oefen op onderwysverwante uitdagings, spesifiek met betrekking tot die Suid-Afrikaanse situasie.

Die konferensie sal in Potchefstroom, Suid-Afrika, gehou word vanaf 30 Mei tot 2 Junie 2011. Bydraes wat op die volgende temas fokus, is alreeds ontvang, maar referate wat verskillende aspekte van “Wêreldbeskouing en onderwys” belig, word nog verwelkom: transformasie en verantwoordlikheid; epistemiese raamwerke en uitkomsgebaseerde onderrig in Suid-Afrika; verbeelding; estetiese betrokkenheid en gemeenskapsverandering; taal en kognisie.

Konferensiekoördineerder:

Leandri Kleinhans
+27 (0) 18 2991905
Email: 20321783@nwu.ac.za
Picture

Konferensie-nuus

n Spesiale Koersuitgawe is in 2012 gepubliseer.  Hierdie uitgawe se tema is Wereldbeskouing en Onderwys en bevat artikels waarin van die voordragte van die Koerskonferensie van 2011 verwerk is.  Hierdie uitgawe is aanlyn gepubliseer by www.koersjournal.org.za.

AllConferences.Com:  Directory of Conferences, conventions, exhibits, seminars, workshops, events, trade shows and business meetings. Includes calendar, dates, location, web site, contact and registration information.



Konferensielokale:

Die voordragte sal gelewer word by die NWU Fakulteit Teologie, Esselenstraat, Potchefstroom

Konferensie-akkommodasie word verskaf by AstroVilla, Potchefstroom
Picture
Picture
Picture

Kliek op die onderstaande skakel vir meer oor AstroVilla:

astrovilla.pdf
File Size: 444 kb
File Type: pdf
Download File

Konferensie-ekskursies:

30 Mei 2011: Maropeng
31 Mei 2011: Vredefortkoepel
2 Junie 2011: Apartheidsmuseum
Picture

Wildsrit,Vredefortkoepel

Picture
Cradle of Humankind, Maropeng
Picture

Apartheidmuseum


Konferensiepakket-opsies:

OPSIE A: Volledige Pakket

Sluit in: akkommodasie; alle maaltye; tee-tyd verversings; konferensiegelde; ekskursies; galafunksie; plaaslike vervoerkostes* (vervoer tussen konferensie-lokale; vervoer na en van ekskursies)

Nou R3,500 (spesiale tarief vir Koerslede: R3,300)

*Vervoer na en van OR Tambo Internasionale Lughawe is beskikbaar op aanvraag


OPSIE B: Plaaslike Pakket

Sluit in: middagetes; tee-tyd verversings; konferensiegelde; ekskursies; galafunksie; plaaslike vervoerkostes* (vervoer tussen konferensie-lokale; vervoer na en van eksursies)

Nou R1,900 (spesiale tarief vir Koerslede: R1,700)

*Vervoer na en van OR Tambo Internasionale Lughawe is beskikbaar op aanvraag

OPSIE C: Daaglikse Pakket

Sluit in: middagetes; tee-tyd verversings; konferensiegelde

Nou R220 p/d (spesiale tarief vir Koerslede: R180 p/d)





Besonderhede ten opsigte van betaling:

Bank: Absa
Naam van rekeninghouer: Koers
Rekeningnommer:6-7045-0082
Taknaam: Tomstraat, Potchefstroom
Takkode:335-138

Verwysingskode: Conf + Voorletters + Van

Stuur die voltooide registrasievorm en bewys van betaling aan Leandri Kleinhans: 20321783@nwu.ac.za
Picture
Picture
Kopiereg Koers - 2017